top of page

Individuele terapie

  • 2 hours
  • 800 South African rand
  • Location 1

Service Description

Kinders beland in my terapie-kamer as gevolg van traumatiese ervarings, verliese, druk en spanning, probleemgedrag, prestasie-probleme, gebrekkige konsentrasie, psigosomatiese simptome en dergelike situasies wat hul selfbeeld, sekuriteit en geluk verwoes.  Wanneer daar tydens die sessies nie direk op hul probleme gefokus word nie, maar op die kind as unieke individu en sy/haar selfkennis en bewustheid uitgebrei word deur Gestalt Proses terapie se unieke eksperimente, neem hy en sy heelhartig deel aan die ontdekkingsreis.  Deur middel van spel-prosesse, teken-projeksies en metafore waarby die kind homself/haarself kan inleef en sy/haar ware gevoelens en behoeftes kan projekteer, ontdek hy /sy eie antwoorde op uitdagings. Die aktiwiteite in die sessies lewer ook projeksie-skeppings wat konkreet aan die ouer kan demonstreer wat die kind se ware ervarings en behoeftes is, hoe sy/haar probleem ontstaan het en in stand gehou word. Volwassenes en tieners Ek het nie nodig om die detail te weet van jou probleme nie en daarom voel kliënte hul privaatheid word gerespekteer. Ek gee nie raad, empatie of ondersteuning nie, sodat jy nooit verlee of ontbloot hoef te voel nie. Ek begelei jou slegs deur bewustheidswerk om jou eie behoeftes, energie, wysheid en antwoorde self te ontdek. Ek wil jou nie probeer verander nie, maar jou deur groter bewustheid begelei om jou ware self na vore te laat kom. Jou ware self is altyd aantrekliker, gesonder, nooit iets om voor bang te wees nie en dwing baie meer waardering en respek af.


Contact Details

  • 26 Malan St, Seemeeu Park, Welkom, 9459, South Africa

    + 0822654044

    stephangestalt@gmail.com


Service Page: Bookings_Service_Page
bottom of page